Sias & Minette

00

Dae

00

Ure

00

Min

00

Sekondes

27 Maart 2027

Die Stoor · Sterkspruit · Nelspruit

Ons Verhaal

Ons Storie

Hulle storie het lank voor hul liefdesverhaal begin.

Van Graad 1 tot Matriek was Sias en Minette in dieselfde klas, hy die klasnar en sy die pliggie. Wat as 'n hegte vriendskap begin het, het op 25 April 2018 in liefde verander toe Sias vir Minette vra om sy meisie te wees. Van daardie dag af het hulle saam die lewe aangepak, deur skool, universiteit en die eerste tree van hul loopbane.

Deur die jare het hulle saam gelag, groot gedroom, uitdagings oorkom en mekaar deur elke seisoen van die lewe ondersteun. Op 30 Desember 2025, op die pragtige duine van Mosambiek, het een van hulle grootste drome waar geword toe Sias vir Minette vra om sy vrou te wees.

Hul verhouding word gekenmerk deur liefde, speelsheid en eindelose pret. Ná al die jare sou die ou klasnar en die pliggie mekaar vir niks in die wêreld verruil nie.

Nou staan hulle op die drumpel van hul mooiste avontuur nog, gereed om saam 'n leeftyd vol liefde, herinneringe en nuwe hoofstukke te skryf.

Sias en Minette
Sias en Minette
Sias en Minette

Die Program

14:00

Gaste Arriveer

Kry 'n sitplek en geniet die rustige omgewing van Die Stoor.

14:30

Troueseremonie

Die klasnar en die pliggie sê "Ja" vir altyd. Fone word vriendelik weggesit.

15:30

Foto Sessie & Skemerkelkies

Geniet drankie terwyl ons duurbare oomblikke vasgelê word.

17:00

Onthaal

Sit aan vir die feesvieringe — ons nooi julle om saam te vier!

18:00

Aandete & Dans

Lekker kos, musiek en herinneringe wat vir ewig sal bly.

Gereelde Vrae

Is kinders welkom?

Hierdie geleentheid is slegs vir volwassenes.
Dankie vir julle begrip, ons sien uit daarna om saam met julle 'n onvergeetlike aand te geniet!

Wat is die kleredrag?

Semi-formeel.

Ontkoppelde seremonie

Ons het 'n fotograaf om elke kosbare oomblik vas te vang. Ons vra vriendelik dat selfone tydens die seremonie gebêre word, sodat almal die oomblik saam met ons kan beleef.

Die Lokaal

Die Stoor

Sterkspruit, Nelspruit, Mpumalanga

Kry Aanwysings

Ons Foto's

Geskenke

"n Geldjie in die sak is beter as n bak op die rak"

Vir diegene wat ons graag wil seën — ons het 'n Wittebrood Fonds opgestel. Enige bydrae na ons eerste reis saam word van harte waardeer.

EFT Besonderhede

Rekeninghouer: Josias Botha

Bank: FNB/RMB

Rekeningnommer: 62849201306

Rekeningtipe: Spaarrekening

Takkode: 250655

Verwysing: Jou Naam

Ons wil weet

RSVP

Bevestig asseblief voor 30 Januarie 2027.
Sleutel jou naam én jou metgesel se naam in.

Neem asseblief kennis dat dit 'n kontantkroeg (cash bar) sal wees.

Bring gerus 'n bietjie kontant saam — daar gaan 'n pretspeletjie op die aand wees waar julle kans staan om 'n heerlike prys te wen!

Gasteboek & Boodskappe

Laat 'n boodskap vir Sias & Minette — elke woord word kosbaar gehou.

Boodskappe word gelaai...